× art.co.za artists exhibitions training auctions blog

Artist's Books

Red Book III

Herkoms

Die aarde waaruit ek spruit,
is rooi soos moedersbloed.
sy't my gebaar het uit die
bergagtige gebeendere
van haar groot liggaam.
Sy’t my are gevul my met bruin
modderwater — sy voed my met
haar oorvloedige skoonheid
en vorm my met die magtige kontras
van haar natuur.
Sy’t my hart in die jaloesie
van haar boesem gehou
en my liefde gekoester tot die dag
van my terugkoms — ek sal
haar vereer elke dag van my wese
en sy sal ewig by my bly —
Haar berge en haar
valleie en die grasvlaktes
van haar binneland sal
my troos — my gees sal
haar vind in die wildernis
en ek sal weet ek is tuis
Origin

The earth from which I came
is red like mother blood.
She bore me from the
mountainous bones
of her great body.
She filled my veins with brown
muddy water — she fed me from
her bounteous beauty and
formed me with the awesome contrast
of her nature.
She kept my heart in the jealousy
of her bosom
and treasured my love until the day
I would return — I will
honor her every day of my being
and she will be ever with me —
her mountains and her
valleys and the grassy plains
of her interior will
comfort me — my spirit will
find her in the wilderness
and I will know I am home.





Follow this artist